Het jy ʼn Moenie-Doenie-Lysie?


Die jongste navorsing wys dat mense deesdae slagoffers word van digitale uitputting – van te veel inligting en te veel keuses en hopeloos te veel afleiding.

Sedert selfone en veral sedert ons selfone in handrekenaars verander  het, het ons daaglikse roetines vanself verander. 

Lyk die volgende prentjie vir jou bekend: Jy word vroeg-oggend wakker, sit die ketel aan en gryp jou foon. Jy het nog nie behoorlik wakker geword nie, maar lees vinnig deur jou whatsapps en e-posse – net om te kyk of daar dalk al ʼn antwoord is op iets wat jy gisteraand aangevra het. Die ketel fluit, jy kry jou koppie koffie gereed en blaai deur jou boodskappe.

Oppas, Oppas, Oppas! sê die navorsers – jy is besig om jou brein gevaarlik verkeerd te herbedraad! Met hierdie oënskynlik onskuldige daaglikse roetine, is jy besig om jou brein te programmeer vir twee slegte gewoontes: Afleiding en Reaksie. Met hierdie twee ingesteldhede, werk jy lynreg teen jou eie fokus-fiksheid in. 

Wat beteken dit? Dat jy die hele dag lank vir elke moontlike afleiding gaan val en dat jy op al die impulse wat na jou kant toe gaan kom, gaan re-ageer. Jy verander dus in ʼn marionet wie se toutjies heeldag deur ander mense getrek gaan word. In plaas daarvan om self te besluit wat jy wanneer gaan doen.

Hoe keer jy dit? Deur ʼn Moenie-Doenie-Lysie. Met bo-aan die lysie, in hoofletters: LAAT-STAAN-FOON-TOT-NA-STILTETYD. 

In jou stiltetyd, word jy stil. Met jou koppie koffie of tee oordink jy jou dag en in jou dagboek of joernaal skryf jy die drie belangrikste dinge wat jy vandag wil bereik – persoonlik en in jou werk. Moenie aan jou foon raak voordat jy die eerste van die ses dinge afgehandel het nie. Teen dié tyd weet jy jy is in beheer nie net van jou dag nie, maar ook van jou fokus-fiksheid, jou gedagtes en jou gemoed – danksy jou Moenie-doenie-lysie!! 

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Be the last to talk
Inspiration

Be the last to talk

The enigmatic Nelson Mandela was the son of a tribal leader. In one of the early interviews after his release from prison, Madiba was asked

Read More »
Choose how you feel
Happiness

Choose how you feel

Anthony Robbins said: “You are the source of all your emotions. At any moment you can create or change them. You can decide to feel

Read More »