Hoe veerkragtig is jy?

Veerkragtig is so ‘n lekker woord. Dit gee my so ‘n gevoel van ‘n ding wat hop. En dis presies wat hierdie karaktereienskap jou laat doen – dit laat jou terugbons wanneer die lewe jou platgeslaan het.

Daar was ‘n tyd toe mense geglo het dat sekere gelukkige mense met hierdie vermoë gebore is. Maar wetenskaplikes het die teendeel bewys. Navorsing op kinders in Hawai wat in haglike omstandighede, sonder liefde en dikwels sonder ouers grootgeword het, het gedragswetenskaplikes se oë laat oopgaan. Hulle het hierdie kinders se lewenspaaie van geboorte tot op ouderdom veertig dopgehou en gevind dat presies ‘n derde van die groep veerkragtigheid aangeleer het en ‘n sukses van hulle lewens gemaak het.

Van die eienskappe wat die uitskieters getoon het, was:

  • Selfvertroue en ‘n geloof in hulleself;
  • uithouvermoë in moeilike omstandighede;
  • hulle het deur die bank na ‘n mentor gesoek om hul afwesige ouers se rol te vervul;
  • hulle het hulleself sover moontlik opgelei;
  • elkeen het ‘n stokperdjie van die een of ander aard gehad – en hulleself gedwing om projekte klaar te maak;
  • ‘n sterk geloofsband met God of ‘n figuur wat bo-menslik oor hulle die wag gehou het. ‘n Diep spiritualiteit was deur die bank deel van elkeen van die veerkragtige derde.

 
Veerkragtige mense aanvaar trauma en teleurstelling as deel van die lewe en sien dit nie as ‘n persoonlike aanval as gevolg van iets wat hulle verkeerd gedoen het nie. Hulle word geraak deur swaarkry maar nie gebreek daardeur nie.

‘n Veerkragtige persoon leer om die dinge waaraan hy niks kan verander nie, so gou as moontlik uit te ken en te aanvaar. Hy soek aktief na die goeie dinge in ‘n situasie en ontwikkel sy onderskeidingsvermoë. Hy vra homself onbewustelik met elke uitdaging wat sy pad kom, die volgende vraag af: Gaan hierdie mens of taak my help om vorentoe te beweeg of gaan dit my terugsit? Afhangend van die antwoord, beskerm hy sy persoonlike ruimte deur sy rug daarop te draai of deur dit met ope arms te omhels.

Om terug te bons is en veerkragtigheid is binne jou bereik – mits jy kies om dit aan te leer.

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Integrity Be Yourself
Inspiration

Integrity – Be Yourself

The word integrity has its roots in the Latin word integer, which means whole, uncorrupted, in its original perfect condition. In the old Oxford dictionary,

Read More »
Worry
Stress

Worry

We are such good worriers – in the worry sense of the word, that is.
And COVID-19, I am sure, has done nothing to

Read More »