Wie skryf jou opskrifte?

Iemand noem onlangs dat sy nou uitgekuier is met die hele Covid-storie. Net omdat dit so deksels vervelig raak om oor dieselfde goed te praat en te wonder. Selfs die nuus kyk belangrike dinge mis en hou aan karring met statistiek en dieselfde gebeure, net hier en daar met ʼn nuwe sousie opgedis. Die ontstellende feite van mishandeling en verskriklike armoede het deel van die alewige “Nuwe Normaal” geword.
 
Maar toe maak haar verhaal skielik ʼn ander draai. Sy vertel van ʼn ou oom van digby die 90 wat langs haar by die tandarts gesit het. Met ʼn glimlag op sy gesig vertel hoe hy al meermale pandemies en wêreldkrisisse beleef het – van polio tot oorloë en depressies. Toe sy hom vra of Covid 19 vir hom baie erg is, sê hy reguit: “Nee wat, ek het jare gelede al geleer om my nie aan die wêreld se koerantopskrifte te steur nie. Ek maak liewer my eie opskrifte bymekaar.”
 
“Ek sien die wêreld deur mense om my,” vertel hy. Mense wat vir mekaar omgee, skryf sy opskrifte, glo hy. “Man het vrou lief.” “Gesin laat staan alles om Ouma te gaan groet.” “Ou man maak nuwe vriend terwyl hy met die hond gaan stap.” Dis sy koerantopskrifte vir die dag, vertel die oom.
 
Ek besef dis ʼn boodskap van ʼn engel en ek begin met my eie lysie vir die dag. “Vrou staan na heerlike nagrus op met nuwe lus vir die dag.” “Vrou dankbaar oor geskenk van tuisgebakte beskuit.” “Gesin maak nuwe planne vir die naweek om oumense te bederf.”
 
“Pandemie maak mense bewus van liefde vir mekaar.” “Virus leer mense om mekaar te waardeer.” “Swaarkry maak oë oop…”
 

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Integrity
Inspiration

Integrity

The word integrity has its roots in the Latin word integer, which means whole, uncorrupted, in its original perfect condition. In the old Oxford dictionary,

Read More »