Hoe ondersteun ons mekaar?

Ek was gistraand by ‘n vyftigste verjaardag-kuier. Ons moes versigtig wees en daar was selfs vrese dat die polisie by die geselligheid sou kom draai. Want vroeër die dag het die owerhede aangekondig dat restaurante nie na 18h00 meer mag alkohol bedien nie, dat daar nie meer as vyftig mense bymekaar mag kom nie, dat die tafels twee meter uitmekaar geskuif moet wees en ander ingewikkelde en ietwat onverstaanbare wette.

Sommige vriende het gekanselleer maar die res van ons het gevoel dat ons darem nie Sulette se groot verjaardag netso ongevierd kon laat verbygaan nie. Ons het mekaar met die elmboë gegroet, ons boude teen mekaar gestamp in ‘n corona-hi-five, grappies gemaak oor die groot onsekerheid en uiteindelik tog van die aand ‘n groot herinnering gemaak. Ons was minder as vyftig mense.
 
Een van die diep gesprekke waaroor daar gepraat is, was hoe om mekaar in isolasie te kan ondersteun. Die twee begrippe weerspreek mekaar. Hoe hou jy jouself eenkant sonder om siel-alleen te wees?
 
Dis presies ons uitdaging in hierdie tyd: Ons moet mekaar begin dien. Gustav Gous het onlangs in Fiks vir die Lewe oor die radio gesê: Miskien het dit tyd geword dat dienste plek maar vir diens. Wanneer jou paniek gaan maak dat jy net op jou eie oorlewing fokus, gaan jy jouself nie net fisies nie maar ook emosioneel isoleer. Jy gaan miskien die virus vryspring, maar die alleenheid gaan by jou kom intrek.
 
Die pragtige Youtube video’s van wat in Sicilië en oral in Italië gebeur, is bewys van die mooi wat die isolasie uit mense kan bring. Een Italianer haak sy trekklavier om sy lyf en begin te speel. In dieselfde woonstelblok begin iemand saam te sing terwyl ‘n vrou drie vloere onder hulle haar tamboeryn uithaal. Voor jy weet is daar ‘n opgeruimde gesing en handeklap en almal voel skielik soos familie. Op haar facebook-inskrywing sê die jong meisietjie wat die video geplaas het: “Ons weet ons is nie alleen nie. Viva Italia!
 
Die corona-virus bring iets in mense uit wat sluimerend was maar dis swaarkry wat dit boontoe bring. As jy in hierdie dae die liefde wat in jou is, kan loslaat en begin deel, sal jy jou innerlike krag herontdek en ‘n vreugde raakboor wat baie groter is as vrees.

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

What is your dream?
Dream

What is your dream?

Let’s be honest – realists take a dim look at dreamers. Day dreamers are classified as scatter-brains, people with their heads in the clouds, leading

Read More »
Working from home
Inspiration

Working from home

Working from home has become an international fact of life – not only for freelancers but for all of us affected by the Covid 19

Read More »
Sand in my skoene
Inspiration

Sand in my skoene

Ek lees ’n aangrypende verhaal van Peter Jenkins wat ’n boek geskryf het oor ’n stap ervaring, A Walk Across America. Peter het oor ’n

Read More »
Jy sê, ek sê
Inspiration

Jy sê, ek sê

Opinies, opinies, opinies! Ons het dikwels ‘n vrye mening oor ander mense. Wat hulle behoort aan te trek, hoe hul haarstyl moet wees, hoe hulle

Read More »