Gaan jy groei of oorleef?

Die probleem met ou waarhede of gesegdes is dat ons ons nie aan hulle steur nie. 


Want ons ken hulle te goed en ons dink nooit daaraan om dit op onsself toe te pas nie.
 
Een so ‘n gesegde is die sogenaamde definisie van malheid: “As jy dieselfde dinge oor en oor doen en ‘n ander resultaat verwag, is jy gek.” Of iets in dier voege.
 
‘n Mens kan maklik in die strik trap om jaar na jaar dieselfde dinge te doen – net om te oorleef en wanneer jy uitgeput terugkyk op die jaar, kerm jy saam met die media en mense om jou, dat ons in moeilike tye lewe. Jy sing saam in die koor van desperates dat die ekonomie in sy kanon is, dat dinge al hoe erger word en dat jy dankbaar moet wees dat jy dit ‘gemaak’ het deur nog ‘n moeilike jaar.
 
Maar het jy jouself al ooit met die definisie van gekheid gekonfronteer? As jy dieselfde dinge op dieselfde manier doen, en bly doen, kan jy tog nie ‘n ander resultaat verwag nie? As jy bly glo dat oorlewing jou enigste opsie is, word groei vir jou ‘n luukse wat jy nie kan bekostig nie. Soos ‘n mak rot op ‘n wieletjie in ‘n hok, glo jy dat jou enigste taak is om die wiel te laat draai.
 
Om te groei moet ‘n mens anders begin dink. Jy moet ‘n soort hunkering na sin en meer in jou lewe ontwikkel om by oorlewing verby te dink. En jy moet bereid wees om skouer aan die wiel te sit en werk te maak van nuwe gewoontes. Jy moet nuwe standaarde vir jouself stel en glo dat jou brein ‘n pad sal vind om oor ‘n hoër lat te spring. (Dit is wetenskaplik bewys dat die brein dit doen.)
 
Is jy vanjaar op ‘n groei-pad of is jy ‘n gevangene van ‘n oorlewingstryd?

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Slot en Grendel
Inspiration

Slot en Grendel

En hier sit ons, onder slot en grendel – en om die een of ander rede, is daar ‘n gevoel van oorgawe en selfs vrede,

Read More »
En toe gly my voet
Priorities

En toe gly my voet

‘n Mens se agtergrond en opvoeding draby tot wie jy is, maar wat jy word is jou eie verantwoordelikheid. Nie elke oggend word begin met

Read More »
Are you an over-giver?
Inspiration

Are you an over-giver?

The joy of giving is a slogan easily misused by money-making retailers at Christmas time and emotional celebrations like Mother’s and Father’s Day. Simply because

Read More »