Om te moet wag is nie vir alle mense ewe maklik nie. Van ons is van nature ongeduldig. Ek moes laasweek weer lank wag vir ‘n vliegtuig wat vertraag was. Dit het my laat dink hoe sekere dinge eenvoudig buite ‘n mens se beheer is. 
 
Ai, en ons wil so graag in beheer wees. Maar ons is nie. Ja, daar is sekere dinge waaroor jy wel beheer kan uitoefen, soos hoe jy reageer op dit wat in jou lewe gebeur, maar oor die lewe self, het jy geen beheer nie. Die gedagte kan mens nogal benoud maak. 
 
Soos iemand wat verbete aan die kant van die swembad vasklou en nie wil laat los nie. Hulle wil leer swem, en dit lyk vir hulle so lekker in die middel, maar om te laat los voel vir hulle ondenkbaar. Al is daar ‘n gekwalifiseerde instrukteur by hulle. Of, in die geval van kleuters, al is Pa of Ma net treë van hul af weg en al het hulle “swemvlerkies” aan. (Ek het geen idee of kleintjies nog leer swem met daardie vlerkies aan nie, onthou ek het nie kinders van my eie nie. Toe ek jonger was, was dit die in ding.)
 
So klou baie mense aan iets vas terwyl hulle met verlangende oë kyk hoe ander leef. Nie net voortploeter om te oorleef nie. Leef met vreugde, vrede en oorgawe! Hulle wil so graag ook so wees, maar hulle klou vas aan gister se pyn en woede of hul angs oor wat die toekoms gaan bring. 
 
Wat ons almal moet doen is om te laat los. Ons kan nie aan besittings, mense, die verlede of die toekoms vasklou nie. Ons kan en ons moet wel aan God vasklou. Ps. 63:9 (1953 Vertaling) stel dit so mooi: “My siel is aan U verkleef, u regterhand ondersteun my.” Verkleef… vasgegom. Onlosmaaklik deel. Gee oor en vertrou God, wat het jy om te verloor? 

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Waarop fokus jy?
Inspiration

Waarop fokus jy?

‘n Renjaer het op ‘n keer vertel hoe hy geleer het om teen ‘n geweldige hoë spoed om die draaie te ry, ook dié draaie

Read More »
Facing the storms of life
Inspiration

Facing the storms of life

Sometimes life throws you a curve ball and you suddenly find yourself in a challenging situation where everything feels like a struggle and your problems

Read More »
Maak kop skoon
Inspiration

Maak kop skoon

Ons ken almal die uitdrukking “om jou kop skoon te maak.” Ekself hou daarvan om te gaan stap of te oefen wanneer ek wil kop

Read More »