As Supervroue emosioneel moeg raak

Ons dink positief. Ons doen alles volgens skedule. Glimlag breed en hou aan glo. Ons is die vroue van die 21ste eeu. Ons weet wat ons wil hê en ons kry baie dinge op een slag gedoen. Supervroue!

Maar soms vergeet ons, ons is net mense. Onvolmaakte wesens wie se energie en emosies nie permanent op volspoed en positief kan hardloop nie. Laat ons nou maar erken, ons almal kry ons af dae. Daardie dae wat jy skielik net na ‘n geliefde verlang wat nie meer met ons is nie. Of wat jy net moeg is en alles vir jou te veel voel. Selfs dae wat jou kinders jou teen die mure uitdryf en jou man, vir wie jy eintlik baie lief is, jou grensloos irriteer.

Supervrou, hê op sulke dae genade met jouself. Huil as jy wil huil. Rus as jy moet rus. Beweeg saam met die emosiegolf en moenie daarteen probeer baklei nie. Sodoende sal dit veel gouer oorgaan. Dis wanneer emosies onderdruk word wat dit ons uiteindelik fisies en psigies siek maak.

Kry ook iemand wat jy kan vertrou om mee te praat op sulke dae. Bel ‘n vriendin, gaan kuier vir jou suster, maar praat oor hoe jy voel. Dis nie ‘n skande of verkeerd om hartseer te voel, kwaad te word of te erken jy voel oorweldig nie. ‘n Emosie is ‘n emosie en almal ervaar emosies. Leer om jou emosies in die oë te kyk. Herken dit vir wat dit is, ‘n gevoel. Weet dat die meeste gevoelens sal verbygaan en dat jy weer op volspoed sal kan aangaan.

Sou jy egter voel dat jou emosies jou baasraak en dat die lewe met jou weghardloop of jou onderkry, moenie dit alleen probeer hanteer nie. Kry professionele hulp. Dit sal jou die wêreld se goed doen. En onthou, ons het almal nodig om ons superkragte gereeld te herlaai.

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Empathy
Emotions

Empathy

Empathy has been identified as an essential component in building meaningful and trusting relationships. It is a vital ingredient of successful marriages but also of

Read More »
Maak kop skoon
Inspiration

Maak kop skoon

Ons ken almal die uitdrukking “om jou kop skoon te maak.” Ekself hou daarvan om te gaan stap of te oefen wanneer ek wil kop

Read More »
Wat het jy gedoen?
Inspiration

Wat het jy gedoen?

Dit is Woensdagoggend net na ses en die pad na die Vaaldriehoek lê oop voor my. Ek luister na – soos my peetdogtertjie sal sê

Read More »