Jy is jy. Ek is ek. En dit is goed!

Ek het Oktober verjaar. Deur die loop van die dag het ek vele verjaarsdagboodskappe en oproepe gekry. Elkeen het my warm om die hart gelaat. Dis mos lekker om te weet dat so baie mense aan jou dink.

Tussen al die boodskappe was daar een van ‘n oudkollega met ‘n foto van ons twee saam wat seker so 10 jaar terug geneem is. Daar staan ek 10 jaar jonger en maerder. Ek voel nie ouer nie. Ek het nie eens besef ek het nie meer heeltemal die lyfie van my jong dae nie, maar die foto vertel ‘n ander verhaal.

My reaksie op die foto het my verbaas. Ek het nie paniekerig die naaste apteek ingestorm op soek na die nuutste verjongingskuur of dieet nie. Nee, ek het gelimlag en besef ek is ouer en dis goed. Ek hou van wie ek is. Ja, soos almal, het ek my foute en ek werk regtig hard daaraan, maar soms in onbewaakte oomblikke slaan die ou ek, voor-ek-waaragtig-tot-bekering-gekom-het, steeds deur. Dan raas ek haar terug in haar hoekie in en vergewe myself, want ek weet wie ek is en ek weet waarheen ek op pad is.

Ek het uiteindelik ontdek, en ek wens elke ander vrou wil dit ook ontdek, dat elkeen net hulself moet en kan wees. My liewe vriendin, moenie laat enige een jou voorskryf hoe jy moet lyk en wees nie. Jy hoef nie te praat, te loop of te doen soos wat jou beste vriendin, jou sussie of jou gunsteling aktrise praat, loop en doen nie. Jy hoef nie ‘n modellyfie te hê nie. Los dit vir die modelle. Wees jy maar net jy, want sonder jou spesifieke manier van dink, doen, praat en lyk sou jou hartsmense se lewens ‘n belangrike deel kortgekom het… JY!

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Waar plant jy bome?
Inspiration

Waar plant jy bome?

Daar is ‘n ou Chinese gesegde wat sê dat Pa’s bome moet plant sodat hulle kinders eendag in die skaduwee kan sit. Dit is, as

Read More »
Love Languages

Do you love your life?

My response to the question whether I love my life, is a resounding “Yes, most definitely!”. Here are a few reasons why:

• Jesus is

Read More »
Waarop fokus jy?
Inspiration

Waarop fokus jy?

Ek lees onlangs dat die teenoorgestelde van geloof nie ongeloof of twyfel is nie, maar vrees. DIt het my twee keer laat dink en ek

Read More »