Jy is jy. Ek is ek. En dit is goed!

Ek het Oktober verjaar. Deur die loop van die dag het ek vele verjaarsdagboodskappe en oproepe gekry. Elkeen het my warm om die hart gelaat. Dis mos lekker om te weet dat so baie mense aan jou dink.

Tussen al die boodskappe was daar een van ‘n oudkollega met ‘n foto van ons twee saam wat seker so 10 jaar terug geneem is. Daar staan ek 10 jaar jonger en maerder. Ek voel nie ouer nie. Ek het nie eens besef ek het nie meer heeltemal die lyfie van my jong dae nie, maar die foto vertel ‘n ander verhaal.

My reaksie op die foto het my verbaas. Ek het nie paniekerig die naaste apteek ingestorm op soek na die nuutste verjongingskuur of dieet nie. Nee, ek het gelimlag en besef ek is ouer en dis goed. Ek hou van wie ek is. Ja, soos almal, het ek my foute en ek werk regtig hard daaraan, maar soms in onbewaakte oomblikke slaan die ou ek, voor-ek-waaragtig-tot-bekering-gekom-het, steeds deur. Dan raas ek haar terug in haar hoekie in en vergewe myself, want ek weet wie ek is en ek weet waarheen ek op pad is.

Ek het uiteindelik ontdek, en ek wens elke ander vrou wil dit ook ontdek, dat elkeen net hulself moet en kan wees. My liewe vriendin, moenie laat enige een jou voorskryf hoe jy moet lyk en wees nie. Jy hoef nie te praat, te loop of te doen soos wat jou beste vriendin, jou sussie of jou gunsteling aktrise praat, loop en doen nie. Jy hoef nie ‘n modellyfie te hê nie. Los dit vir die modelle. Wees jy maar net jy, want sonder jou spesifieke manier van dink, doen, praat en lyk sou jou hartsmense se lewens ‘n belangrike deel kortgekom het… JY!

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Die Titanic-effek
Inspiration

Die Titanic-effek

“Eintlik leef ons almal op die Titanic,” was James Cameron, regisseur van die fliek, se woorde. Ons ken almal die verhaal: die volmaak-geboude superskip Titanic

Read More »
Krap die verf af
Inspiration

Krap die verf af

Ek lees onlangs hoe ‘n dapper vrou besluit het om haar ou huis se deure te restoureer. Sy vertel van die harde werk om deur

Read More »
Kleuter of oumens
Inspiration

Kleuter of oumens

Was jy al in die geselskap van ‘n irriterende mens? Een wat sy eie beuel blaas of alles beter weet, of wat keer dat die

Read More »