Die temperamente onder druk

Het jy al agtergekom dat ‘n jaar hier van September af begin spoed optel? Dis asof almal skielik uit ‘n winterslaap ontwaak en berge wil verskuif voor die einde van die jaar. Alles moet tog net klaar voor Desember.

Die spanning bou op. Die druk word meer. Die te doen lysie in jou dagboek raak daagliks langer. Dis interessant om te sien hoe die verskillende temperamente hierdie tyd beleef. Die Kragtige Rooies is natuurlik in hul element. Hulle hou daarvan om self besig te wees en almal om hulle besig te hou. Hulle ploeg voort met ‘n dryfkrag wat ander lam laat. Hulle simpatie is min en niemand durf vakansie, jaareindfunksie of moeg voor hul noem nie.

Die Perfekte Bloues verwerk die druk deur te onttrek… soos hulle met alles doen. Hulle raak totaal verlore in hul te-doen-lysies en verkeer onder geweldige spanning omdat hulle voel alles word afgejaag en hulle kry nie genoegsame tyd om werk tot perfeksie af te handel nie.

Die Vredeliewende Groenes raak stiller. Hulle hou hulle skaars, want hulle weet daar word ekstra werk uitgedeel. Hulle weet ook mense se humeure is korter as gewoonlik en hulle sal enige iets doen om konflik te vermy. Oor die algemeen kan hul glad nie verstaan hoekom alles, nou gedoen moet word nie. Volgende jaar is daar mos baie tyd…

Die lot wat dalk die swaarste trek is die mense met die Gewilde Geel temperamente. Hulle droom al oor al die sosiale funksies in Desember en al die pret wat hulle gaan hê op die vakansiedae. Hulle is lus om buite te gaan speel, vrolik te wees en grappies te maak, maar die werk is baie, niemand het tyd vir gesels en kuier nie en hulle voel oorweldig deur al die vervelige, roetine take wat afgehandel moet word.

Hierdie verskillende reaksies op die besige tyd kan natuurlik ‘n kookpot word vir konflik. Dis juis nou wat jy drie belangrike punte moet onthou. Eerstens Stop en Dink voordat jy Reageer. Tweedens onthou om diep asem te haal. Laastens… hou moed, hierdie tyd sal ook verbygaan!

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Let the other person win
Inspiration

Let the other person win

Have you ever raced with a toddler? Albeit tiring, we all remember running with slow-motion strides, pretending to be weaker and much slower than Mr.

Read More »
Sjokoladebruintjies
Inspiration

Sjokoladebruintjies

Ek het so pas my sewende versoek gekry om ‘n resep te deel. Dis deel van #Kwarantynkosmaak en ek is ‘n spesiaal-genooide wat mag deel

Read More »
How to deal with burnout
Burnout

How to deal with burnout

Deadlines. Meetings. New projects. More meetings. New systems. More meetings. Writing reports. Analyzing stats. Making decisions. More meetings. Working hours? Officially probably from 8 am

Read More »