Verhoudings verg tyd, baie tyd.

Ten spyte van die mens se strewe om alles nou en dadelik te kry, te hê en te doen, kan sekere dinge in die lewe nie aangejaag word nie. Jy kan maak wat jy wil, maar oornag gaan jy nie maer, fiks of suksesvol word nie. Daar is ‘n rede hoekom ons praat van langtermyndoelwitte. Dit vat baie tyd, werk en geduld om dit te bereik.

Die moderne mens wil dit nie hoor nie. Ons soek kortpaaie en kitsoplossings vir alles, ook in ons verhoudings. Dis hier waar die gevaarligte lankal nie eers meer flikker nie, maar permanent rooi skyn. Dis asof verhoudings oppervlakkig geraak het. Ek praat hier van alle mense verhoudings, van vriendskappe en familiebande tot by huweliksmaats.

Op die oog af lyk dit of dinge werk, maar as die storms kom en die lewe sy dwarsklappe begin uitdeel, dan verkrummel verhoudings in ‘n oogwink tot stof. Hoekom? Want mense doen nie meer die moeite om mekaar werklik te leer ken nie. Jy kan ook net iemand regtig leer ken as julle tyd saam spandeer. Baie tyd. Slegs deur jare se saam doen, saam gesels, saam lag en saam huil, kan jy die belangrikste gedeelte van enige verhouding bou, vertroue.

Vertroue is daardie vaste wete wat jy het, dat maak nie saak wat jy doen of nie doen nie, maak nie saak watter skewe klap die lewe na jou kant toe uitdeel nie, daardie mense sal daar wees vir jou en jy vir hulle.

Ek is in die gelukkige posisie om sulke mense in my lewe te hê. Nie net in teorie nie, maar in praktyk, het ons saam al die sewe sakke sout deurgewerk. My raad aan jou vandag is spandeer tyd met die mense naaste aan jou. Leer hulle werklik ken. Wees daar in hul lief en leed. Onthou, daar is nie kitsoplossings en kortpaaie vir verhoudings nie, maar om ‘n ware vriend en vertroueling aan jou kant te hê maak die lewe die moeite werd.

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Love Languages

Do you love your life?

My response to the question whether I love my life, is a resounding “Yes, most definitely!”. Here are a few reasons why:

• Jesus is

Read More »