Jy beter bely. Wat??

Afleidings en opinies sal altyd deel van die lewe wees. Staan sterk!


Ek sit diep en nadenkend en dink wat ek op my drie Facebook blaaie kan pos. Iets betekenisvol wat hoop gee en mense kan help om prakties te leef. Ek dink en ek dink en ek het dit: “ Kindness is more important than wisdom ”. Ek stuur dit dadelik vir Rynhard om ‘n bypassende prentjie te soek en te pos.

Nou vra ek vir jou: “Was jy al ooit ontnugter en totaal en al uit die veld geslaan? As jy was, sal jy verstaan hoe ek gevoel het met een van die reaksies op my pos. Skielik verander die goedbedoelde aanhaling in ‘n teologiese debat en word ek gemaan om summier te “ repent ”, want wisdom is die holy fear of God …”. Woordeloos en verbysterd lees ek weer die aanhaling.

Ek verwys tog glad nie na Goddelike wysheid nie. Daar is ook geen skrifaanhaling nie? Vanwaar gehasie? “ Kindness is more important than wisdom ”. Wat gebeur nou hier? Sal hierdie gedefinieer kan word as “ kindness ?” Jy sien, in my hart dra menslike wysheid en kennis nie veel gewig indien dit nie gedeel word in “ kindness ” nie.

Indien ons hierdie aanhaling nou wil vergeestelik doen ek dit aan die hand van Paulus toe hy die liefde besing het en gesê het dat alle menslike prestasie wat nie deur die liefde gemotiveer is nie, op die ou end leeg is. Sy slotsom is dat in die laaste toneel van die menslike drama daar net drie karakters sal oorbly: geloof, hoop en liefde. Die grootste hiervan is die liefde!

Ek glo dat daar miljoene mense is wat uitroep: “Moenie my kapittel nie asseblief, vermaan my eerder in liefde, want my hart kan daarmee deal. Wanneer Christus die kern van ons lewe is, word sy gesindheid ons gesindheid. Ek sê weer: “ Kindness is more important than wisdom ”

“Al het ek die gawe om God se boodskap te verkondig en ken ek al die geheimenisse en besit ek al die kennis, en al het ek al die geloof om berge te versit, maar ek het geen liefde nie, dan is ek niks.”

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Groot leiers
Inspiration

Groot leiers

“Groot leiers het almal een ding in gemeen”, skryf Johan Maxwell in sy boek Developing the leaders Around You: Hulle maak werk van dié wat

Read More »
The Five Love Languages
Love Languages

The Five Love Languages

Almost 3 decades ago, Gary Chapman’s The Five Love Languages, took the world by storm. 13 million copies later, it is still a popular communication

Read More »
Own your mind
Inspiration

Own your mind

It makes human sense that our experiences shape our lives and our thoughts. We have ups and we have downs, good days and bad days.

Read More »