Bou maar daardie galg, jou rakker!

Jy groei wanneer jy pyn, en jy pyn veral wanneer jy jou ego moet kruisig!


Raak ontslae van hom, onthef hom van sy pos, skors hom summier en kla hom aan. Dit klink byna soos een of ander sonde tot die dood toe. Wat op dese aarde kon tog gebeur het om so genadeloos veroordeel en nog verwyder te moet word? Wat? Sê dit weer! ’n Aanhaling sonder ’n doelbewuste negatiewe motief, word deur die aanhoorder totaal en al uit verband geruk en geoordeel. Soveel so dat hierdie opregte en toegewyde man sy werk op slag moet verloor.

Ek vra myself: “wat is dit wat in die hart van ’n mens omgaan wat ander sommer so, sonder ’n tikkie genade aan die skorsingsgalg wil laat hang?” Hoe lyk die hart van so ’n mens? Hoe wreed kan jy wees om aan te dring dat iemand op ’n eerste oortreding weergaloos summier “verwyder” moet word?

Dit laat my gedagtes onwillekeurig teruggaan na die verhaal van Ester, haar neef en voog, Mórdegai, Koning Ahasveros, en Haman voor wie die Jood, Mórdegai geweier het om te buig. Haman wou so graag raakgesien, gehoor en opgehef word dat hy alles in sy vermoë sou doen om Mórdegai se ondergang te bewerkstellig. Hy het ’n hart vol eiewaan gehad. Hy bou ’n galg waaraan hy Mórdegai sou laat hang. Sy kwaad en ego was so groot dat hy die galg byna 23 meter hoog bou sodat die hele stad Mórdegai sou sien hang. Min het Haman geweet, niemand mors met God se kinders en kom ligtelik daarvan af nie. Die gevolg is Haman hang uiteindelik self aan die galg wat hy met soveel haat en nyd voorberei het vir Mórdegai en Mórdegai word uiteindelik deur God verhef.

’n Ego en eiewaan kan ’n mens soms genadeloos laat optree sonder om te besef dat jy eendag dalk ook ’n stukkie genade mag nodig hê. Wat dan as jy met die maat waarmee jy ander gemeet het self gemeet word? Bêre maar die galg en genade vir jou!

“ Moenie van mekaar kwaad praat nie, broers. Hy wat van sy broer kwaad praat of sy broer veroordeel, praat kwaad van die wet en veroordeel die wet. En as jy die wet veroordeel, handel jy nie meer volgens die wet nie, maar speel jy regter daaroor. Daar is egter maar een Wetgewer en Regter, en dit is Hy wat die mag het om te red en te verdelg. Maar jy, wie is jy om regter te speel oor jou naaste? ”

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Emosionele higiëne
Emotions

Emosionele higiëne

Al die gespuit en handewassery het die term higiëne nuwe betekenis gegee in ons lewens. Huise en winkels ruik al soos hospitale. Ons hande is

Read More »
Accept and learn
Relationships

Accept and learn

It’s easy to acknowledge that all people are fundamentally different from one another in theory… It’s a different ball game in practice when another individual

Read More »
So bou jy karakter
Character

So bou jy karakter

‘n Mens word nie met karakter gebore nie. Ja, jy het beslis sekere ingebore persoonlikheidseienskappe* wat deel uitmaak van jou gene, maar karakter is iets

Read More »