Soms dwing God jou tot stilstand, om jou weer volstoom aan die beweeg te kry…

 

ʼn Paar jaar gelede, nadat ek vroegoggend van die gimnasium by die huis gekom het, was ek onkant betrap toe die huis se deur wawyd oopgestaan het. Versigtig het ek die huis binnegegaan. Ek was besteel!

Al my juwele, my rekenaar in my studeerkamer en vele ander besittings is gebuit. Ek was huil-kwaad, want veral die juwele het kosbare erfstukke ingesluit. Ek het vir die daaropvolgende twee dae ge”sulk”, gekerm, gekla en dit baie dramaties met al wat leef en beef gedeel.

Op dag drie het die gordyn van bitterheid voor my oopgeskuif en die son het deurgebreek. Ek het vir myself gesê: “Laat ek dankbaar wees – eerstens, omdat ek nog nooit vantevore beroof is nie; tweedens, al het hulle my goed gevat, hulle nie my lewe geneem het nie; derdens, dat dit ek was wat beroof is en nie iemand anders nie; vierdens, het ek besluit dat ek alles wat geneem is aan hulle – die rakkers – gaan skenk, want as jy vir iemand ʼn geskenk gee, kan jy tog nie kwaad wees nie.”

Ek het besef dat dankbaarheid geen ruimte vir ontmoediging laat nie. Dankbaarheid is nie net die grootste van alle deugde nie, maar die moeder van almal.

Paulus se redes vir dankbaarheid teenoor God dek die hele gebied van die menslike lewe. Hy dank God vir Sy daaglikse
brood, mense met geloof in Christus, bewaring van versoeking, die herinnering aan sy vriende, vriendelikheid in die uur van beproewing en God se onuitspreeklike gawe.

Ek het met die jare geleer dat dankbare mense nooit gevaarlike mense is nie. So beleef ek dit genadiglik ook in my eie lewe. Ek herinner my doelbewus en voortdurend aan die goedheid en guns van die Here. Dit hou my dankbaar. Dit hou my gees gesond. Dit maak my spring-bly vir elke nuwe dag wat aanbreek na elke donker nag.

“In al ons swaarkry bemoedig Hy ons. Hy doen dit sodat ons ook in staat sal wees om mense in al hulle swaarkry by te staan met dieselfde bemoediging waarmee God ons versterk het.”

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Run your own race
Goals

Run your own race

In June everybody’s attention was once again drawn to, what certainly must be one of South Africa’s most famous long-distance races, the Comrades Marathon. Thousands

Read More »
Kwartleeftyd-krisis
Inspiration

Kwartleeftyd-krisis

Ek kyk onlangs na ‘n You Tube-video oor Millennials wat ‘n kwartleeftyd-krisis beleef en ek dink ai siestog, die arme goed! Dat hulle nou op

Read More »