‘n Probleem is ‘n relatiewe begrip.


Dit is Woensdagoggend net na ses en die pad na die Vaaldriehoek lê oop voor my. Ek luister na – soos my peetdogtertjie sal sê – Jesus-musiek. My gemoedstoestand is goed en ek sien met reikhalsende verlange uit na die dag wat voorlê.

Candy – my GPS – onderbreek my gedagtes wanneer sy my die afrit laat neem na Vanderbijlpark. Terwyl ek die stopstraat nader, vang my oog ʼn polisievoertuig wat teen die eenrigtingafrit, met die spoed van witlig op my afpyl en al wat ek hardop kan sê is: “Agge nee, Here help!” Dan volg ʼn geweldige slag. Lugsakke. Ek word na links geslinger. Ek onthou hoe ek herhaaldelik vir myself gesê het: “Ek gaan nie doodgaan nie, ek gaan nie doodgaan nie!” Met moeite wikkel ek my uit die motor. Die twee beamptes is ook teen dié tyd uit hul motor, terwyl die bestuurder genadeloos op my gil: “What have you done? Why did you do this? Why? Why?”

Ek is geskok. Wat het ek tog gedoen? Hoe is dit moontlik? Ek wou net stop om regs te draai. Ek was aan die regte kant van die gereg, maar die gereg was aan die verkeerde kant. Hoe draai ‘n mens links, téén ʼn eenrigting-afrit op? Dis mos glad nie regverdig, om so ʼn fatale fout te maak en iemand anders te beskuldig nie? Is dit regtig skok? Of is dit die oeroue “playing the blame game”-sage?

Hierdie vraag het my onwillekeurig laat dink aan soveel ander gevalle, waar mense graag die “blame game” speel deur die fokus op ander te plaas sodat hulle beter kan lyk. Dit is slegs wanneer ons verantwoordelikheid neem vir ons dade, dat ons vry kan wees en kan aanbeweeg na die volgende vlak van ontwikkeling. Daar is twee waarhede wat ons vry maak, waarvan Christus die eerste waarheid is en die tweede, die waarheid oor onsself. Vrede of rustigheid kom soms net wanneer ons, ons verwagtinge vervang met aanvaarding.

“ Christus het ons vry gemaak om werklik vry te wees. Staan dan vas in hierdie vryheid en moet julle nie weer onder ‘n slawejuk laat indwing nie. ”

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Droom en werk voort
Dream

Droom en werk voort

Soms kry mens ‘n lewensles of drie waar jy dit die minste verwag. “We were soldiers” is ‘n 2002 rolprent waarin Mel Gibson die rol

Read More »