Moenie uitstel wat vandag gesê of gedoen kan word nie!


Ons kuier saam met ‘n goeie vriendin wat die vorige dag ‘n nuwe bril gekry het. Gedurende die aand verwys sy nie minder as vyf keer na hoe lekker sy nou kan sien nie. Alles wat sy onder oë kon kry, dié lees sy. Sy is opgewonde soos ‘n kind wat ‘n nuwe speelding gekry het.

Sy vertel dat sy vir 10 jaar met dieselfde bril geloop het. Sy het blykbaar gereeld gedreig om ‘n afspraak te maak vir ‘n oogtoets. Sy is half verslae oor hoe wonderlik dit is om nou na tien jaar weer ordentlik te kan sien en nie ander mense se brille hoef te leen nie.

Terwyl ek huis toe ry, besef ek dat dit verstommend is dat dit iemand tien jaar neem om uiteindelik te kan sien nadat die oplossing voor die hand liggend was. Al wat nodig was, was ‘n telefoonoproep vir ‘n afspraak, in die motor te klim en na ‘n oogarts te ry, in ‘n stoel te sit, ja of nee te antwoord op die vertikale en horisontale vrae en ‘n week later ‘n nuwe bril te kon kry. Sy het egter gewoond geraak aan haar swak sig en vrede gemaak om daarmee saam te leef. Sy het ook die leuen geglo dat sy te besig was en dat dit nie prioriteit was nie.

So is dit verstommend hoe ook ons aan ons alledaagse omstandighede gewoond kan raak en binne selfopgelegde beperkinge kan leef. ‘n Mens kan eintlik oor die algemeen met min moeite jou lewe of omstandighede merkwaardig verbeter indien jy ‘n saak realisties benader en aksie neem. As die lewe vir jou uit fokus is, neem nou ‘n doelbewuste besluit en doen wat nodig is om weer perspektief op die lewe te kry.

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Waar kry ek jou?
Inspiration

Waar kry ek jou?

Beraders word geleer om heel aan die begin van ‘n gesprek versigtig uit te vis waar die kliënt hom of haar emosioneel bevind. Goeie leiers

Read More »