Om onvoorwaardelik liefgehê en aanvaarte word is die grootste geskenk wat gegee kan word.


Hulle sê om jouself sommer net onvoorwaardelik uit wellus vir iemand te gee, is om kwesbaar te wees. Een of ander tyd sal jou hart gebreek word. As jy wil seker maak dat jou hart ongeskonde bly, moet jy jou hart aan niemand gee nie. Sluit dit versigtig in die kis van selfsug toe, veilig teen indringers. Maar nee, dit kan ons tog nie doen nie, want ware liefde is ʼn gawe van God! Dit is een van die grootste lewensvoorregte en ons is gemaak om liefde te deel. Dit moet egter vir die regte redes wees.

Luister na hierdie aangrypende verhaal. ʼn Man en ʼn vrou het vir mekaar begin skryf en verlief geraak. Op ʼn dag besluit hulle om mekaar op die lughawe te ontmoet. Aangesien hulle mekaar nog nooit ontmoet het nie, moes hulle ʼn plan beraam om mekaar uit te ken: die vrou sou ʼn rooi serp en rooi hoed aanhê, asook ʼn rooi angelier aan haar jas speld.

Die man het dadelik na haar begin soek nadat hy van die vliegtuig afgeklim het. Skielik sien hy ʼn vrou met ʼn rooi serp, rooi hoed en angelier wat aan haar jas vasgespeld is. Sy was een van die mees doodgewone mense wat hy nog ooit gesien het en die versoeking was groot om terug te klim op die vliegtuig sonder om haar te ontmoet. Tog het hy na die vrou gestap, geglimlag en homself aan haar voorgestel.

Onmiddellik sê die vrou: “Waaroor gaan dit alles? Ek weet nie wie jy is nie, maar die vrou daar oorkant het my betaal om hierdie goed te dra.” Toe die man die vrou sien na wie die ander vrou wys, besef hy sy is een van die mooiste vroue wat hy nog ooit gesien het. Die man stap na die vrou en sy verduidelik: “My lewe lank wou mans by my wees vanweë my uiterlike skoonheid.

Hulle dink ek is beeldskoon. Ek soek iemand wat my lief het vir wat diep binne-in my is en nie vir my uiterlike skoonheid nie.” Hulle het ʼn gelukkige huwelik gehad. Liefde moet altyd die dwingende motief wees!

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Slot en Grendel
Inspiration

Slot en Grendel

En hier sit ons, onder slot en grendel – en om die een of ander rede, is daar ‘n gevoel van oorgawe en selfs vrede,

Read More »
Priorities
Priorities

Priorities

Setting priorities is something we all know we should be doing but never find the time to do. Until we are faced with a crisis

Read More »
Relationships

My BFF is … myself!

All good relationships begin with a healthy relationship with yourself. This is true for friendships too. One can only know what respect, loyalty, acceptance, care,

Read More »