“Ek weet hoekom Jesus op die water geloop het, Netta!”

Kaelyn is my peetdogtertjie. Toe sy 4 jaar oud was het sy my eendag spring-bly begroet met die woorde: “Netta ek weet hoekom Jesus op die water geloop het”.

Ek kon natuurlik nie wag om haar kinderweergawe van die gebeure te hoor nie en het haar aangemoedig om my dadelik te vertel. Terwyl sy borrel van opgewondenheid oor haar ontdekking, gooi sy haar armpies in die lug en sê: “Want Netta, Jesus kon nie swem nie!!!” Hoe naïef opreg is kinders nie?

Dit het my dadelik laat dink aan die dogtertjie wat vir die eerste keer Sondagskool toe was. By die huis gekom vra haar ma haar wat haar juffrou se naam is toe sy antwoord: “Ek weet nie mamma, maar ek dink dit is Jesus se ouma, want sy het die heeltyd net oor Hom gepraat.”

Hierdie week moes ek verskeie situasies hanteer rondom uitdagings in verhoudings. Mense wat vir mekaar iets wil sê, maar in sirkels en om draaie praat. Amper nie die moed het om kinderlik net te sê wat in hulle harte aangaan nie. Wat sal die rede daarvoor wees? Miskien het hul nie die moed van hul oortuiging om die ander persoon op die spot te sit nie. Dalk sal die situasie uitloop op konflik en daarvoor word nie kans gesien nie.

Wanneer ons eerlik is, nie net met ander nie maar ook met onsself, weet ons waarheen ons op pad is. Ander sal nie van ons verwag wat ons nie kan doen nie. Oor die jare heen het ek male sonder tal die uitdrukking “die waarheid maak jou vry” gehoor. Vandag wil ek stilstaan daarby en met eerlikheid erken dat die waarheid nog altyd my wapen was teen die misleidende weg waarna oneerlikheid lei. Watter konflik kan jy uit jou lewe sny deur net vir eens stil te staan en eerlik te wees?

“ Hoofsaak is dat julle lewenswandel in ooreenstemming met die evangelie van Christus moet wees. ”

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Belê in jou buurman
Inspiration

Belê in jou buurman

‘n Suksesvolle graanboer in Amerika het jaar na jaar met die trofee by die landbouskou weggeloop. Kom ons noem hom Boer Jan. Sy mede-boere het

Read More »
How to deal with burnout
Burnout

How to deal with burnout

Deadlines. Meetings. New projects. More meetings. New systems. More meetings. Writing reports. Analyzing stats. Making decisions. More meetings. Working hours? Officially probably from 8 am

Read More »