Geluk in ‘n kits? Die lewe werk nie so nie.

Wanneer jy visie het, raak jy nie die pad byster nie!


Mense soek soms ‘n leeftyd na geluk. Hulle soek op die vreemdste plekke en maniere hierna – meestal sonder sukses. ‘n Nuwe dieet, nuwe werk – of selfs ‘n nuwe lewensmaat – mag dalk na die oplossing lyk, maar dit bring selde blywende geluk.

Hoekom is dit so ‘n ontwykende konsep? Ek het hierdie vraag al verskeie kere vir myself afgevra en die enigste moontlike verduideliking waarby ek kon uitkom was dit: Oor die jare heen het mense gulsig geword en begin aanspraak maak op onmiddellike bevrediging. Ons moderne wêreld bederf ons met tegnologie wat dadelik resultate lewer. Ons druk een knoppie en is binne ʼn paar sekondes in verbinding met ‘n kollega of vriendin in Amerika. Ons hoef nie eens uit ons motors te klim om ‘n aandete by ‘n kitskos restaurant te kry nie. Ons koop wat ons nodig het en kry dit dadelik – anders is ons ontevrede. Ons vergeet dat die resep vir geluk nie in tegnologie lê nie, maar steeds afhanklik is van tydsame beplanning, teleurstelling, voortdurende hoop, ontwikkeling en prioritisering.

Daar is ʼn bekende storie van ʼn vrou wat ʼn 8 meter lange luislang aangehou het as ʼn troeteldier. Die slang het in haar huis gewoon en saam met haar geslaap. Na ʼn tyd het die slang ophou eet. Die vrou het vreeslik bekommerd geraak en die slang na die veearts geneem. Die veearts kon geen fout vind nie. “Slaap die slang by jou?” wou hy weet. Sy het verduidelik dat die slang elke aand by haar slaap en dat hy veral die laaste ruk styf teen haar lê en homself om haar lyf vou. Sy het gedink dat die slang alleen voel en dat sy dalk nog ‘n slang moes aanskaf. Waarop die veearts antwoord: “Die slang is besig met voorbereidings om jou te eet. Hy meet elke aand om te sien hoeveel spasie hy moet beskikbaar maak om jou in te sluk!”

In baie opsigte werk ons onbewuste denkwyses op dieselfde manier. Wanneer ons terugsit en onbewustelik ons gedagtes en denkpatrone wat ons oor die jare gevorm het toelaat om die pad aan te dui, kan dit ons lewens verwoes. Ons vergeet dat onmiddellike bevrediging en langtermyn geluk lynreg teenoor mekaar staan.

Kyk of die slang van jou onmiddellike behoeftes nie dalk besig is om jou te meet nie. Kry ‘n langtermyn visie in sig, en vra jouself af:

  • Watter deel van my lewe moet ek in balans bring?
  • Wat is ek bereid om op te gee daarvoor?

Dwing jouself om hierdie twee vrae eerlik te antwoord. As jou antwoord op hierdie vrae daarop neerkom dat daar geen kitsoplossing is vir geluk nie, het jy reeds die eerste brug oorgesteek.

Om by ware geluk uit te kom, neem dikwels tyd en is deel van ‘n reis. Jou ingesteldheid bepaal die lengte en kwaliteit van hierdie reis én of dit ‘n gelukkige of ongelukkige reis gaan wees.

“ Broers, ek verbeel my nie dat ek dit alles al het nie. Maar een ding doen ek: ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is. Ek span my in om by die wenstreep te kom, sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe God my geroep het in Christus Jesus ”

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Integrity Be Yourself
Inspiration

Integrity – Be Yourself

The word integrity has its roots in the Latin word integer, which means whole, uncorrupted, in its original perfect condition. In the old Oxford dictionary,

Read More »
druk-jou-ore-toe
Inspiration

Druk jou ore toe

Die verhaal van Roger Bannister, die Britse middelafstandatleet wat in 1954 die heel eerste was om die myl in minder as 4 minute te hardloop,

Read More »
Lente-skoonmaak
Inspiration

Lente-skoonmaak

Ek weet nie hoe gereeld die oumense ge-“spring-clean” het nie, maar ek kom gewis elke jaar agter wanneer ek hierdie belangrike opruimingstakie oorgeslaan het. Want

Read More »