Het jy al agtergekom hoe moeilik dit is om nee te sê? Ons is mos van kleins af geleer om diensbaar te wees en ja te antwoord. Dis goed om diensbaar te wees en dis lekker om ander te help, maar, jy kan nie vir alles in die lewe ja sê nie, veral nie as dit by vriende en familie kom nie.

O weë, nou raak ek ‘n teerpunt aan. Of jy maar so pas jou eie ding begin doen het en of jy nou al vir jare vir jouself werk, pas op dat jy nie in die slaggat trap van gunsies doen nie. Maak nie saak of jy ‘n haarkapper of fotograaf is of die talent het om sin te maak van belastingvorms nie, jy kan nie verniet werk nie. Nee, nie eens vir jou Ouma se geliefkoosde kleinkind se 21ste verjaarsdag nie.

Dink so daaraan, ‘n bankbestuurder kan tog nie verniet geld weggee net omdat hy iemand ken nie, hy sal toegesluit word. Net so kan jy nie jou dienste verniet weggee nie. Al is dit jou passie en al geniet jy dit om ander te help, onthou jy moet nog steeds aan die einde van die maand die rekeninge kan betaal. Gee afslag as dit moet, maar leer om van die begin af te sê “nee, jammer ek kan dit nie gratis doen nie.”

Jy moet ook leer om nee te sê as dit kom by jou tyd. Sjoe, dis ook ‘n moeilike een. My lekkerste lekker is as ek mense kan help om te besef wie hulle is, wat hul temperament is en hoe hulle beter met ander oor die weg kan kom. Ek het ook ‘n natuurlike aanleg om voor groot groepe mense te praat. Dis my passie. Dis waar ek my energie vandaan haal. Maar soms sal mense vra vir individuele sessies. Alhoewel ek goed is daarmee, is dit nie my passie nie. Dit put my uit. Ek sukkel nog van tyd tot tyd om nee te sê, maar ek moet. Dit strook nie meer met my groter doelwit en droom nie.

Jy moet ook leer om elke geleentheid wat jy kry eers te gaan opweeg teen jou groter droom. Hou altyd jou doelwitte in gedagte en weet jy mag maar nee sê. Onthou jou passie is groter as mense se opinies van jou!

“ Silwer word in vuur gesuiwer en goud in ‘n oond. Maar die Here toets die hart van ‘n mens .”

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

How to deal with burnout
Burnout

How to deal with burnout

Deadlines. Meetings. New projects. More meetings. New systems. More meetings. Writing reports. Analyzing stats. Making decisions. More meetings. Working hours? Officially probably from 8 am

Read More »
Own your mind
Inspiration

Own your mind

It makes human sense that our experiences shape our lives and our thoughts. We have ups and we have downs, good days and bad days.

Read More »
Wat wil jy nalaat?
Inspiration

Wat wil jy nalaat?

Ek was in die laaste tyd betrokke by ‘n paar begrafnisse. Dis nooit lekker nie. Maar dis een van die feite van die lewe waarmee

Read More »