Hoe voel jy oor die herfsblare?

Die geheim tot vervulling is om die oomblik te geniet vir wat dit is en nie vir wat jy dink dit moet wees nie.


“Daar is nog baie blare aan die bome. Ek sal weer môre hark”, sê sy en kyk vir die groot boom op die sypaadjie asof sy al die takke telepaties wil stroop. Ek verstaan nie heeltemal die mense se obsessie met die blare die tyd van die jaar nie. Dis mos deel van die Natuur. Blare val in die Herfs en vroeë Winter en in die Lente is daar weer nuwe blare. Vir baie mense is dit ‘n ergernis.

Iets wat dadelik opgehark en weggevee moet word. Vir ander is dit mooi, die rooi, oranje, geel en bruin tapyt wat onder die bome en op die gras lê. Feit is of jy nou daarvan hou en of jy deel is van die “tel-elkeliewe-blaartjie-op brigade”, dis buite jou beheer. ‘n Boom is ‘n boom en die blare sal val soos en wanneer dit wil. Daaraan kan jy niks doen nie. Jy kan wel besluit hoe jy daarop gaan reageer. Soos mos maar met alles in die ou lewe, nê?

Die lewe gebeur. Meeste van die situasies het jy geen beheer oor nie. Die kenners sê jy kan jou gedagtes beheer. Jy kan kies hoe jy oor enige iets dink en voel. Wat?! Weet hulle dat die emosionele kant van jou brein 80 000 keer vinniger as die logiese kant reageer? Ja, dis ‘n onbetwisbare feit, maar dit is ook ‘n feit dat jy kan leer om daardie emosies en denke van jou op hok te hou en in die regte rigting in te stuur.

Maklik is dit nou nie elke dag ewe maklik nie. Dit verg konsentrasie en moed om in elke situasie eers te dink voor jy reageer. Maar soos met alles in die lewe, gaan dit makliker as jy dit by herhaling doen. “Practise makes perfect” sê die Engelse. So sit neer die hark, gaan maak vir jou ‘n koppie tee en kyk hoe die blare grond toe sweef, dwarrel en val. Kies om te ontspan en te vertrou, in plaas daarvan om kwaad te word vir al die buite beheer situasies van die ou lewe.

“ Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is, woon en werk rustig voort. Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer. Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg .”

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Gee soos Kersvader
Inspiration

Gee soos Kersvader

Het jy al ooit besluit om iets gaafs vir ‘n wildvreemde mens te doen – en dit vir NIEMAND te vertel nie? Vir niemand nie,

Read More »