Is ek kwaad of is ek teleurgesteld?

Maak nie saak wat mense aan jou doennie, beskerm jou siel ten alle tye.


Het jy al ooit gewonder wat die verskil tussen kwaad en teleurgesteld is?

Nie lank gelede nie, kry ek ‘n oproep waarna ek my totaal en al verloor. Ek gee oor aan my emosionele brein. Ek is soos ‘n perd, ‘n ongetemde perd wat wild oor die vlakte hardloop. Tyd vir STOP, DINK en DOEN wou ek eenvoudig nie toelaat nie. Ek kies doelbewus die platform van duisternis. Absoluut teen wat ek ander leer en daagliks doelbewus kies om te leef. Ek huil van woede of was dit teleurstelling? Ek weet nie regtig nie.

Ek bedink hierdie voorval vir twee dae lank. Wat is ek nou eintlik? Kwaad of teleurgesteld? Kom ek definieer eers die begrippe, besluit ek. Ek kom tot die slotsom: indien jy kwaad vir iemand is, gaan dit oor ‘n spesifieke situasie. Kwaad is na buite gerig. Jy ervaar ‘n emosie van woede en later bedaar jy. Dit is verby. Jy tob nie daaroor nie. Dit is agter jou.

Om teleurgesteld te wees, gaan meer oor die spesifieke gedrag van ‘n persoon. Die persoon is anders as wat jy gedink het. Dit hou direk verband met hoe jy nou oor daardie persoon dink.

Teleurstelling het te make met vertroue wat gebreek is en ‘n verwagting van daardie persoon wat geskaad is. Dit is ‘n pynlike ervaring. Jy het nie verwag dat hierdie persoon jou soveel verdriet sou aandoen nie. Jou vertroue is geskaad en dit maak die teleurstelling pynlik.

So wat nou? Nou dat ek die twee begrippe van mekaar geskei het, wat is ek nou eintlik? Ek was kwaad op die platform van duisternis en nou, nou is ek teleurgesteld. Ek is iets aangedoen wat ek nie verwag het nie. Die kwaad is verby, die teleurstelling bly oor en dit moet ek hanteer…

“Vertrou altyd op die Here, want die Here God is ‘n veilige toevlug”

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Integrity Be Yourself
Inspiration

Integrity – Be Yourself

The word integrity has its roots in the Latin word integer, which means whole, uncorrupted, in its original perfect condition. In the old Oxford dictionary,

Read More »
Impostor Syndrome
Inspiration

Impostor Syndrome

Impostor syndrome became a buzz word in psychology and business circles in the 1970s. This is the irrational feeling of a perfectly capable worker, who

Read More »
Facing the storms of life
Inspiration

Facing the storms of life

Sometimes life throws you a curve ball and you suddenly find yourself in a challenging situation where everything feels like a struggle and your problems

Read More »