Moenie dooie vrese lewendig dink nie

Ons sien nie noodwendig dinge soos dit is nie; ons sien dit soos ons is.


Ek hoor nou die dag ‘n gesprek tussen twee vroue. Albei lyk of hulle so middel veertigs kan wees. “Wat gaan van ons word oor 20 jaar?” vra die eerste. “Wie gaan na ons kyk? Waar gaan ons heen? Ons het nie eens ‘n pensioen nie!”

Haar vriendin se eerste reaksie: “Oor 20 jaar is ons die Golden Girls. Ons gaan die plek op horings neem!”

“Maar ek is ernstig. Jy verstaan nie. Wie gaan na ons kyk?” – weer die eerste vrou. “Hoe het ons tot hier gekom?” vra die tweede vrou. “Ons het dit ge’wing’. Ons het planne gemaak. Ons is deel van die generasie wat weet hoe om aan te pas, te bly leer, en elke dag te leef.”

Ek het nie die res van die gesprek gehoor nie, maar was lus om vir haar te sê: “Amen Suster, jy is op die regte spoor!” Persoonlik sou ek net bygevoeg het. “God het julle tot hier gekry en Hy sal jul verder vat.” Ons hoef nie die toekoms te vrees nie. Ons hoef vir niks bang te wees nie. Het Christus dan nie die dood oorwin nie?

‘n Studie toon dat 60% van ons vrese ongegrond is en glad nie gebeur nie, 20% is gebaseer op dinge wat in ons verlede met ons gebeur het en buite ons beheer was. 10% is gebaseer op dinge so eenvoudig dat dit nie ‘n verskil in ons lewens sal maak nie. En van die res wat oorbly kan slegs 4-5% regverdig word.

Die emosie van vrees is egter ‘n werklikheid, want jy voel dit. Erken die emosie, maar neem dan beheer en beweeg vorentoe, ongeag van die emosie wat jy voel. Ons mag vrees ervaar, dit is ‘n ware emosie, maar ons het nie nodig om in te gee vir die verlammende effek wat dit tot gevolg het nie.

Ons kan doen wat ons wil doen en moet doen, al moet ons dit met die gevoel van vrees doen. Die uitdaging lê nie in die gevoel nie, maar wel in die beheer van die gevoel. Wanneer jy vrees voel, onthou dit is slegs ‘n gedagte, ‘n negatiewe gedagte en negatiewe gedagtes kan gevoelens van vrees by jou opwakker. Jy het die keuse en krag om positiewe gedagtes bo negatiewe gedagtes te kies. Die keuse is joune.

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Groot leiers
Inspiration

Groot leiers

“Groot leiers het almal een ding in gemeen”, skryf Johan Maxwell in sy boek Developing the leaders Around You: Hulle maak werk van dié wat

Read More »
My hart huil!
Emotions

My hart huil!

Ek kry ‘n WhatsApp wat lees: “Hartlike goeiemôre! Wil iets met jou deel. Moet asseblief nie hieroor praat nie. Ek moet dit net van my

Read More »
Slot en Grendel
Inspiration

Slot en Grendel

En hier sit ons, onder slot en grendel – en om die een of ander rede, is daar ‘n gevoel van oorgawe en selfs vrede,

Read More »
Waarop fokus jy?
Inspiration

Waarop fokus jy?

‘n Renjaer het op ‘n keer vertel hoe hy geleer het om teen ‘n geweldige hoë spoed om die draaie te ry, ook dié draaie

Read More »