Stap met Hoop oor die Brug van Verandering

In hierdie 9 video reeks deel Lynette Beer haar kennis oor hoe die brein werk en wat die sielkunde van verandering is.

R500.00 (excl.VAT)

Tussen die hede en die toekoms is daar ’n onvermydelike brug genaamd verandering. Hoe en of ons wel die brug oorstap sal die kwaliteit van ons lewens bepaal. Stap dapper met hoop en geloof hierdie brug oor. Hou net aan stap!

Hoe ons op verandering reageer het ’n beduidende impak op ons kwaliteit lewe en of ons wel dit sal bereik waarvoor ons gebore is. Ons mag nie toelaat dat verandering, onverwags of beplan, hoe sleg soms ookal, ons hoop vir die toekoms van ons steel nie.

In hierdie 9 video’s deel Lynette Beer haar kennis oor hoe die brein werk en wat die sielkunde van verandering is.  Ons brein werk teen ons, maar ons kan met kennis hierdie formidabele krag tot ons beskikking tot ons voordeel inspan.

Jy sal leer hoe om nuut te dink oor die positiewe geleenthede om aan te pas by veranderde omstandighede. Met haar 5 stappe tot effektiewe transformasie sal jy ook kan sê: “Sjoe, dit was nie maklik nie, maar ek is bly dinge is nou anders”.

Hiermee saam delf sy ook diep in haar geloofskennis en verken wat die Bybel oor verandering sê. Die vraagstuk oor lyding is kompleks, maar haar insig sal jou troos en help om koersvas oor jou brug van verandering na ’n beter toekoms te stap.

You May Also Like