Wat as ek my drome moet prysgee?

Sjoe! Dit is ‘n groot strydvraag en party van julle kan dink my oggend- en aandpraatjies stem nou nie ooreen nie. Is ek dan nie die een wat almal altyd aanspoor om hul drome na te jaag nie?

Ontspan! My siening het nie verander nie. Ek glo steeds elke mens moet groot droom en hard werk om hul doelwitte te bereik. Maar, die lewe gebeur en soms werk dinge nie uit soos beplan nie.

‘n Steratleet se Olimpiese droom word in die wiele gery deur ‘n ongeluk. Die swak ekonomie knak jou besigheid. Siekte kortwiek jou planne… So baie dinge kan veroorsaak dat jy nie jou droom bereik nie. Wat maak jy dan?

Hou jy op met droom? Nooit nie! Soms is dit egter nodig om drome aan te pas. Partykeer om selfs van vooraf te begin of jou droom eers bietjie eenkant te sit. As jy jou in ‘n situasie bevind waar dinge nie wil uitwerk soos wat jy beplan het nie, onthou die volgende paar beginsels.

Ten eerste God is steeds in beheer, maak nie saak wie wat sê of doen nie. Tweedens, beskou jou droom onder die vergrootglas. Is dit wat jy gedroom het om te doen steeds moontlik? Indien die antwoord ‘ja’ is, pas dan jou doelwitte by jou nuwe omstandighede aan. Beskou dit waardeur jy nou gaan as voorbereiding en ‘n leerskool vir dit wat jy nog moet bereik. As die antwoord ‘nee’ is, praat met die Here daaroor. Gaan dink wat anders is daar wat jy graag wil doen. Vra jouself hoe jy steeds ‘n positiewe impak kan maak waar jy nou is. Laastens, onthou daardie ou kerkliedjie… “As die lewensstorms woedend om jou slaan en jy gans ontmoedig vrees om te vergaan. Tel jou seëninge, tel hul een vir een en jy sal verbaas wees oor wat God verleen!”

Kyk altyd vorentoe. Stap moedig in geloof voort al moet jy van vooraf aan ‘n nuwe droom begin werk.

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Motivation by appreciation
Love Languages

Motivation by Appreciation

How motivated is your team to work? Do they feel appreciated? It’s astonishing to see how many people leave relatively high-paying jobs because they don’t

Read More »
Myths in marriage
Love Languages

Myths in marriage

Gary Chapman’s The Five Love Languages needs no introduction. However, Chapman is not the only one who has been researching love relationships. Dr John Gottman

Read More »
Waar plant jy bome?
Inspiration

Waar plant jy bome?

Daar is ‘n ou Chinese gesegde wat sê dat Pa’s bome moet plant sodat hulle kinders eendag in die skaduwee kan sit. Dit is, as

Read More »