Emosies! Emosies! Emosies!

Hulle sê mense se emosies lê oral en dus moet ons versigtig trap. Daar word ook gesê ons kan nie altyd ons emosies vertrou nie en tog is dit ons emosies wat die grootste waarhede oor onsself en die lewe vertel. Nogal ’n paradoks nê?

Per definisie is emosies gevoelens wat jy ervaar wat deur pyn of vreugde veroorsaak word en dan ’n bepaalde reaksie tot gevolg het. Dit klink tog vir my as ’n mens jou emosies kan beheer kan jy enigiets anders ook regkry, maar wanneer negatiewe emosies in beheer van jou lewe is, sal dit jou in die teenoorgestelde rigting van jou lewensdoel en drome dryf.
Dit is so dat ons emosies absoluut elke area van ons lewe beïnvloed.

Het jy al ooit daaraan gedink dat dit nie saak maak hoé intelligent jy is nie? Emosies oorheers gewoonlik intellek!

Die emosionele kern van die brein werk 80 000 keer vinniger as die logies denkende deel van die brein en daarom is ons geneig om net te laat gaan. Indien jy nie nugter oor hierdie realiteite besin nie gaan jou emosies met jou mors en jou ellendig en hopeloos agterlaat.

Dit is nie so eenvoudig om van daardie oorweldigende emosies ontslae te raak nie. Jy moet duidelike padaanwysers hê om sodoende die leisels van jou emosies stewig onder beheer te hou.

Ek stel voor dat jy STOP en DINK voordat jy reageer wanneer jy jouself in ’n emosionele situasie bevind. Probeer daardie vinnige emosionele brein beheer. Besef dat alle mense nie soos jy bedraad is nie. Mense beleef situasies anders. Wees genadig en onthou dat slegs 4% van dit wat ons vrees regtig gebeur.

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Oogkontak
Inspiration

Oogkontak

Ek kan my verkyk aan mense. Omdat ek baie ure op lughawens deurbring, het dit al vir my tweede natuur geword om my mede-reisigers dop

Read More »
Die vyf W’s
Wisdom

Die vyf W’s

Joernaliste en skrywer word geleer dat ‘n mens in jou openingsparagrawe so gou moontlik die vyf W’s moet antwoord – anders verloor jy jou leser:

Read More »
Be authentic
Inspiration

Be authentic

Are you trying to be who and what others want you to be or are you authentic?
Most of us would answer that we

Read More »