Verhoudings verg tyd, baie tyd.

Ten spyte van die mens se strewe om alles nou en dadelik te kry, te hê en te doen, kan sekere dinge in die lewe nie aangejaag word nie. Jy kan maak wat jy wil, maar oornag gaan jy nie maer, fiks of suksesvol word nie. Daar is ‘n rede hoekom ons praat van langtermyndoelwitte. Dit vat baie tyd, werk en geduld om dit te bereik.