Vestig of vernietig jy?

Vestig of vernietig jy?

Ek staan voor ‘n groep mense en deel met hulle oor die wonder van temperamente en die uniekheid van elke mens. Dat ons Godgegewe temperament verskil van persoonlikheid asook dat ons ongevraagd die produk van ons opvoeding word. Ek praat oor die uitdaging om emosioneel intelligent op te tree, omdat die emosionele brein 80 000 keer vinniger as die logiese brein werk. Dat ons juis daarom moet stop en dink, voordat ons optree en doelbewus van die platform van lig moet werk en nie vanaf die platform van duisternis nie, want woorde vestig of vernietig.