Mammie, ek soek jou oral!

My ma was Aletta Magdalena Swanepoel en later na haar troue, Aletta Magdalena Beer. Sy het groot geword in Riebeeckstad en Grahamstad. later jare het sy in Port Elizabeth begin werk waar sy my pa ontmoet het en getroud is. Hy het haar oorreed om op te hou werk – nie dat hulle dit kon bekostig nie. Volgens my was dit ‘n geweldige fout, want dit het haar totaal weerloos en afhanklik gelaat. Dit kan tog vir geen vrou se selfbeeld en eiewaarde goed wees om in die oë van haar man te kyk vir elke sent nie – my beskeie mening.