My hart in jou hande

My hart in jou hande

Hulle sê om jouself sommer net onvoorwaardelik uit wellus vir iemand te gee, is om kwesbaar te wees. Een of ander tyd sal jou hart gebreek word. As jy wil seker maak dat jou hart ongeskonde bly, moet jy jou hart aan niemand gee nie. Sluit dit versigtig in die kis van selfsug toe, veilig teen indringers. Maar nee, dit kan ons tog nie doen nie, want ware liefde is ʼn gawe van God! Dit is een van die grootste lewensvoorregte en ons is gemaak om liefde te deel. Dit moet egter vir die regte redes wees.