Waar die liefde seëvier is daar hoop

Ek was die spreker by ‘n vrouekamp en mense dit was nou ‘n onvergeetlike ervaring!
Ria van der Merwe en haar span het die geleentheid georganiseer by Meulstroom net buite Bronkhorstspruit. Die 70 dames wat die kamp bygewoon het, is van die eerste oomblik af bederf met geskenkies, biltong, droëwors, vars vrugte en vele meer.