Vriendelikheid kos mos niks… glimlag man!

In die week gaan maak ek weer ‘n draai by die haarsalon. ‘n Belangrike aksie in enige vrou se lewe. ‘n Mens bou mos ‘n verhouding met jou haarkapper of soos die mense in goeie Afrikaans sê – jou haarstilis. Jou haarkapper word ‘n vriendin. Iemand met wie jy sommer lekker kan gesels, terwyl sy met jou hare doenig is