Jou hartsmense vra jou onverdeelde aandag

Ek lees hierdie groot waarheid op Liesel Krause-Wiid se Facebookblad. “Die grootste geskenk wat jy iemand kan gee is jou aandag.” In die era waar almal heeldag met ‘n slimfoon in die hand staan, sit en loop (hoe kry hulle dit reg om te loop en tik?), dra haar stelling baie gewig.