Balans – jou lewe in die weegskaal

Ek is besig, besig, besig! Ek is baie, baie besig. Mense vra dikwels hoe ek my besige lewe bestuur en by alles uitkom. Eenvoudig – ek werk nie. Ek leef my passie en ek omring my met bekwame mense. Dit voorkom dat ek elke dag moeg en afgemat opstaan.
Buig sonder om te breek

Na drie en twintig jaar in die korporatiewe bedryf, besluit ek om my eie besigheid te begin. Ek noem dit Seeds of Inspiration. My slagspreuk is: “Learn how to bend and you will never have to break.”