Agge nee, kyk net al die bloed!

Dis Sondagoggend, die laaste dag van ons spanbou. Ons hardloop gou ons laaste draaie. Ek was my hande. Ek hoor ‘n geluid soos iemand wat val agter die toiletdeur, gevolg deur ‘n benoude gil: “agge nee!” Binne sekondes is ek voor die deur en roep benoud: “maak oop die deur”.