Is ek kwaad of is ek teleurgesteld?

Het jy al ooit gewonder wat die verskil tussen kwaad en teleurgesteld is?
Nie lank gelede nie, kry ek ‘n oproep waarna ek my totaal en al verloor. Ek gee oor aan my emosionele brein. Ek is soos ‘n perd, ‘n ongetemde perd wat wild oor die vlakte hardloop. Tyd vir STOP, DINK en DOEN wou ek eenvoudig nie toelaat nie. Ek kies doelbewus die platform van duisternis. Absoluut teen wat ek ander leer en daagliks doelbewus kies om te leef. Ek huil van woede of was dit teleurstelling? Ek weet nie regtig nie.