Ken jy ook woedebevange mense?

Ken jy ook woedebevange mense?

Ek maak my Facebookblad oop en my oog vang die opmerking van ‘n jarelange vriend vir wie ek soveel respek het. Hy trek te velde teen ‘n bekende man van God. Hy kryt hom uit as ʼn valse profeet en ʼn geldjagter. Ek is teleurgesteld! Waarom sal hy dan nou behae daarin vind om ander mense te verneder en te kritiseer? Dit is tog nie wie hy was nie. Wat het waar verkeerd gegaan?