“Pappa, Pappa maak die vissie dood”

Pappa, Pappa maak die vissie dood

Ek het met geleentheid die volgende interessante storie gelees. ʼn Seuntjie het ʼn goudvissie vir ʼn troeteldiertjie gehad. Een dag toe hy in sy kamer kom, lê die vissie op sy rug. Die seuntjie was bitterlik ontsteld en het snikkend na sy pappa gehardloop: “Pappa, pappa… my goudvissie is dood.”