Wie is Jy?

Wie is Jy?

Wat is die mens? “Kop, twee pootjies en ‘n pens,” het oom Leonard Vrey van Upington eendag vir my gesê. Ek het lekker gelag vir die stelling, want my temperamenttipe dink en kyk na die lewe in prentjies. Alhoewel ons daaroor gelag het, het dit my tog aan die dink gesit oor wie en wat die mens nou eintlik is: verseker nie net ‘n kop, twee pootjies en ‘n pens nie!